Vlieg, trein, bus, cab, kar en stap vir myle met bagasie... maar nou is ons uiteindelik hier! Ons vertel jul biejtie van die WEIRD en WONDERFUL journey. (wat eintlik nou eers begin!)
1. Styling NEW YORK to Cowboy DENVER
So, ons het laas keer vertel van die erge aand in die new york motel met spieels. Die aand was een van die ergste! Iemand het laat aand tot aan ons deur geruk, dat ons albei kierts regop in die bed sit! Hier slaap ons in NYC met 'n uitsig van magic school busses in die industriele deel van QUEENS!!! Dis SHOCKING! En ons slaap in ons slaapsakke op die bed - want wie weet? Ons hoor net "hope you didnt get any bed bugs"... genoeg om enige iemand slapelose nagte te gee. Maar ons was SO moeg na 27 uur vlugte dat ons was uit voor ons nog weet. Die volgende oggend het ons 'n wake-up call 5h45, maar op ONS wekker wys dit 5H30! Ons vlug was vir 8h10 en ons bly 10 min van lughawe, sou die bussie 6h30 kry van die motel. (Mareshe hier langs my - ai ! Daai dag!) Als was reg, ons het onlne check in gedoen - gorrel gou pap af en hier gat ons! reg vir DENVER!
maar neeeeeeeeee! ons luck met die trip gaan nou van bad to worst. Die bussie kom eers 6h40 en ons dog dis nog fine, hoef eers 7h daar te wees... WEET jul hoe GROOT is JFK!??? Treine tussen hul terminale. Toe ons by check in kom (betyds), toe het ons nie online gese ons het tasse nie - maar come on! Wie travel sonder tasse??? So toe mag ons nie op die vlug nie. Ons, in trane smeek vir Dorothy (die vrou wat ons help) maar niks help! Ons kannie op die vlug gaan met ons tasse nie. Dis dit. So ons betaal $200 ELK vir nuwe vlug WEER in die aand (nadat ons al vlugte van aand na oggend geskuif het). MOED-e-LOOS! Ons is hartseer en mismoedig en nou is ons in nyc minus $200. (ons het net $1500 elk vir die hele trip!) Wat kan ons doen??? Ek wil net een van die vier sigarette rook wat jana in my handsak gesit het (in case) - maar tot dit is nie maklik nie, want ons is in amerika! Jul kan verstaan dat ons nou net wil bid, maar terselfde tyd net wil vloek! Ten minste het Dorothy van agter die counter gekom om ons elkeen 'n vet American HUG te gee... mis ons nou ons ma's! So, ons verloor 'n dag... what to do? Enigste plek wat ons NIE hoef taxi te ry of subway te vat is Queens! (dis regtig gangster vibes! - dink rappers met fur en bomber jackets en chains oral op die strate!) Ons vind uit ons kan dam die social security daar kry, maar het nie als wat nodig is nie. So wat ons doen... Ons eet $1 burger, $1 fries and 60c coffee by Wendys! Babas huil en die black americans kyk ons heel skeef! Diep binne skree ek net "help..." Maar magies is vol en ons gaan kry 'n selnr.
Die wonderwerk is, dat oral waar ons kom is daar american engele wat as dit net te erg gaan, is iemand net soooo helpvol en opreg dat ons net weer HOOP het! Selfs by selfoon shop (waar ons toe maar chill en email vir 2 ure!) was daar Dwayne (lyk ook maar rapperig) met die hart van goud. Hy gee ons sy kaartjie "If you ever need anything, please don't hesitate to phone". Na 'n dag in Queens is ons voete albei opgeswel van al die stap... ons loop nou skoon soos pikkewyne en sing Disney songs om ons op te cheer! (Jenni - soooo aan jou gedink toe ons Little Mermaid op die airtrain sing!) Almal dink seker "Crazy African Girls!". Maar ons kom dam die keer 2ure te vroeg by vlug (just in case - upi aint fooling us twice!) en loop in hul terminal rond - lyk mooier as waterfront al die bars en restaurante! Nou MOET ons 'n bier drink... Maar hier kos 'n bier $8! (en dis ALLES maal 7!!!!!!!!!!!!!!) Hallooooooooooooo!? We can buy two Wendy's meals for THAT! Ons was sooo Embaressed! Vra "What does this cost? ... And this? ... And wine?... Okay, can we maybe share a beer. One for us two?" Ja! Dis reg, maar in een glas. Nou kan ons nie eers CHEERS om te se dankie te se ons verlaat die plek waar als verkeerd kon gaan nie... LMK! (lag my klaar)
Moede op, maak ons nou friends met Scott Penonnini (An Italian from the Upper East Side Manhattan!) Things are looking up!!! Dankie tog! Hy is sooo nice en lag hom DOOD vir ons stories! ("Please let me just show you New York!") Hy kannie glo wat ons deur is nie. Ons reel dat ons drie langs mekaar sit en geniet ons vlug met twee glase wyn elk (wat hy betaal - SCORE!) en sing nkosi sikele en NOG meer Disney liedjies. In die badkamer vra een man vir Maresh of sy die Little Mermaid is! Al wat ons weet is ons IS "Bright young women, sick of swimming, ready to stand!!! ... We want to be where the PEOPLE are, we want to see, see them dancing..." ) Ai dit was SO Lekker!!!
2. DENVER - Uitindelik!!
(Na DRIE nuwe landing times nogsteeds vlug delays ook! - dankie tog vir Abbi Kaplan 'n vriendin van mareshe van China...) Land in Denver (biejtie tipsy na altitude en wyn en lang dag)... met die eerste oog op slag was die mense in Denver bietjie weird - first sighting - cowboys!! (I think you get the picture) HAHAHAHAAAAAAAAaaaaaaaaaaa ("Can we take a photo with you? We dont have cowboys where we come from!") - Ja ons is DAAI toeriste! Land so 10h, Abbi tel ons op en Denver is SOOO groot en PLAT.. Nogal boksburg vibes. Ons slaap dam in lekker bed en eet grilled cheese (Dunked in BUTTER! - voel ons are stop op soos ons kyk hoe sy dit maak. Maresh tik heeltyd aan my met groot oe... hier gaan ons vet word!)... Nag, vanaand kan ons maar lekker slaap (al is daar kat hare oor ons bed)... Ons vrydag by Denver ADMIN dag en ons het nog vriende gemaak - girl van SA wat Aspen toe gaan *stef, en die cab driver *Rita - trailer TRASH, maar gaaf en les, so sy love ons! en Jana toe dink ons aan jou (en Rita) (alhoewel Louws SO baie meer upper class is!) Ons vat 'n bus vir $35 elk Vail toe.... ON OUR WAY!!!! :) Dankie tog ons kan die hillbillys en somalians agterlaat in Colorado se Boksburg, want ons is klaar!
3. VAIL - uiteindelik beweeg ons weg van hill billys en gangsters na beskawing soos nog nooit gedink!
Die pad van Denver na Vail is SO mooi! Maar ons het nogsteeds bietjie denver om ons. Die sneeu word net meer en die berge hoer en die landskappe net MOOIER! Maar ons bus is vuil en die mense om ons so common soos nog iets! Elke dorpie wat ons verby ry, dink ons DIT moet nou vail wees! Maar toe ons uiteindelik hier kom - is ons ASEMS weg geslaan!!!! NOTHING compares! HEMELS is al wat ek kan se! Dis WIT gesneeu, maar die kobbelstone paadjies is oop, want hul het heaters daaronder sodat dit nie ys nie. Daar is oral liggies in die bome en die vensters is opgeys... dit lyk letterlik of vader kersfees hier kon woon. Nie fotos of woorde kan beskryf die mooi nie! Toe ons afklim hardloop ons en freak uit! Die mense LOVE ons want ons is so amazed deur als. Ons was nog nie 'n uur in Vail (waar busse verniet van een stop na ander gaan - DANKIE tog NOG SCORE!!!!) toe het ons mense wat ons help.. Ons het nog Suid Afrikaners ontmoet, wat ons gese het van 'n hotel (SO NICE) vir $100 per aand, goedkoopste hotel in vail! So hier is ons in sprokies dorpie met 'n kamer wat afkyk op die dorp se icerink en dorpie. Dis idilies!! Ons loop rond in die aand om werk te soek, toe die eerste sneeu vlokkies begin val... Dankie Liewe Jesus! Ons altwee is so happy ons loop net rond in die sneeu tot ons 'n cafe kry wat chunky vegetable sop vir $3 verkoop. Toe ons by die hotel kom, kom roep SA ouens ons, kom drink 'n koppie coco... Daar sit ons in vail, magies vol, bietjie hot chocolate, 6 Suid Afrikaners en lekker gesels…Al klaar tuis hier! More begin die GROOT job hunt!
No comments:
Post a Comment